Name van ad-hoc komitee wat moet besluit oor Mkwebane bekend gemaak

 Name van ad-hoc komitee wat moet besluit oor Mkwebane bekend gemaak

Die name van afgevaardigdes van verskeie politieke partye, is vir die ad hoc-komitee, wat moet besluit oor die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se geskiktheid vir haar pos by die parlement ingedien.

Die komitee moet bepaal of genoegsame gronde bestaan om haar uit haar pos te verwyder.

Die komitee bestaande uit 26 lede sal ‘n afgevaardigde van elke party insluit.

‘n Paneel kenners onder leiding van afgetrede regter Bess Nkabinde het verlede maand bevind dat prima facie-bewyse van onbekwaamheid en wangedrag wel teen Mkhwebane bestaan.

Die ANC word verteenwoordig deur sy adjunk-hoofsweep, Doris Dlakude, die DA deur sy hoofsweep, Natasha Mazzone, die VF Plus ook deur sy hoofsweep, Corné Mulder, en die EFF deur sy president, Julius Malema.

LeandreAdmin@