Namibiese maatskappy, Namib Mills, het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die dood van drie kinders wat na bewering oorlede is toe hulle Top Score Instant Porridge in die Oos-Kaap geëet het.
Die produkke is volgens Marné Bouwer, ‘n senior bestuurder van Namib Mills, herroep, as ‘n proaktiewe maatreël wat hul verbintenis tot verbruikersveiligheid weerspieël, terwyl die ondersoek aan die gang is.
Alhoewel daar tans geen bewyse is wat die produk met hierdie ongelukkige gebeurtenis verbind nie, neem hulle die saak baie ernstig op, volgens Bouwer.
Spar het sedertdien ook die produkte van sy rakke herroep. Die saak word deur die polisie ondersoek.