Namibië veroordeel Duitsland vir sy toetrede as derdeparty tot Suid-Afrika se volksmoordklag teen Israel.
Namibië se president Hage Geingob, sê sy land kan nie die bloedvergieting van Palestyne in die Gasastrook ignoreer nie.
Duitsland skaar hom by Israel, teen die klag van volksmoord wat Suid-Afrika by die Internasionale Hof in Den Haag ingedien het.
Duitsland sê die volksmoord-klag is soortgelyk aan ‘n land wat destyds saam met Nazi-gedomineerde moondhede sou staan, in volksmoordbeskuldigings teen die geallieerdes gedurende die Tweede Wêreldoorlog.
Die Internasionale Hof se uitspraak oor SA se klag word binnekort verwag.
Intussen kom dit voor of die gevolge van standpunte oor die Israel/Hamas-oorlog na die wêreld se sportvelde uitkring.
‘n Israeliese klubsokkerspeler, wat ten tyde van ‘n wedstryd in Turkye, ‘n pro-Palestynse boodskap op die veld vertoon het, is luidens Turkse media in hegtenis geneem.
The Guardian meld ‘n saak van aanhitsing tot haatspraak word nou teen Sagiv Jehezkel ondersoek.
Die klub waarvoor Jehezkel gespeel het, het hom intussen afgedank.