Nampo gaan vanjaar fokus op tegnologie in die landbou en dat die toepaslikheid daarvan in die landbou nie gering geag word nie. Die Nampo Oesdag vind vanjaar van 14 tot 17 Mei in Bothaville plaas en is gerat om landbou-innovasie op ‘n eenstop-platform in Suid-Afrika te vertoon.
Die tema, Landbou in ‘n digitale era, gaan fokus om die doeltreffendheid, volhoubaarheid en welvaart in boerepraktyke te bevorder. Deur die krag van digitale gereedskap en platforms te benut, ontsluit boere ongekende geleenthede om produktiwiteit te verbeter.