Vandag is dag twee vir Nampo 2022 by Bothaville in die Vrystaat. Johan Gunter, Radio Rosestad se projektebestuurder het vanoggend regstreeks van Nampo af met Toit Wessels, Graan SA se assistent-bestuurder en hoof van Nampo, gesels. Volgens Wessels is Nampo nou in volle swang en is daar letterlik iets vir almal by dié grootste landbouskou in die Suidelike halfrond. Met meer as 800 uitstallers, het hy gesê is daar oorgenoeg te doen en te sien – ook vir die skoner geslag en die kleinspan. Rakende Covid-regulasies het Gunter gesê hy is blitsvinnig by die hek gehelp. Besoekers kan ‘n geldige negatiewe Covid-toets toon of ‘n kitstoets by die perseel laat doen. Nampo wat vanjaar vir die eerste keer oor vyf dae aangebied word, duur tot Vrydag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×