Nandipha Magudumana se borgtogaansoek is van die hand gewys. Die Bloemfonteinse landdroshof het vandag uitspraak gelewer, met landdros Estelle de Lange wat gesê het die hof is deur sekere faktore in sy besluit gelei. eNCA berig De Lange het bevind dat die aansoeker ‘n definitiewe vlugrisiko is en dat geen borgtog voorwaarders onder die omstandighede sal help om hierdie risiko te beperk nie. De Lange het bygevoeg dat sy die persoonlike omstandighede en belange van Magudumana opgeweeg het, en gevind het dat sy nie die hof tevrede gestel het dat dit in die belang van geregtigheid is dat sy op borgtog vrygelaat word nie. Rosestad-nuus het vroeer berig die verdediging in die Thabo Bester-ontsnappingsaak het probeer om die hof te oortuig dat Magudumana nie die verhoor sal probeer ontduik indien sy borgtog ontvang nie.
