Nandipha Magudumana, minnares van die veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, se dringende aansoek om vrylating, is vanoggend in die hooggeregshof in Bloemfontein van die hand gewys.

Magudumana tel onder diegene wie daarvan beskuldig word dat hulle Bester gehelp het om op 2 Mei 2022 uit die Mangaung-maksimumtronk te ontsnap.

Regter Philip Loubser het uitgelig dat sy bewus was van die aanklagte teen haar.

Hy het gesê sy het nie teenkanting gebied toe sy in Tanzanië in hegtenis geneem is, en na Suid-Afrika gebring is nie.

In die dringende aansoek om vrylating voer sy aan dat haar inhegtenisneming en deportasie onwettig is.

Die aansoek is met koste van die hand gewys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×