Dokter Nandipha Magudumana se bewering dat haar inhegtenisneming, en aanhouding onwettig is, word môre aangehoor.

Haar prokureur het verlede week ’n dringende aansoek by die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein ingedien.

Hierin word beweer dat die polisie haar met geweld ontvoer en uit Tanzanië na Suid-Afrika gebring het, sonder om behoorlike prosesse te volg.

Sy is op 7 April saam met die vermeende Facebook-verkragter, Thabo Bester, asook ‘n Mosambiekse burger, in Tanzanië in hegtenis geneem.

In gevolge die Tanzaniese Immigrasiewet moes sy daar gearresteer en skuldig bevind word, alvorens sy na Suid-Afrika gedeporteer kon word.

Sy en haar pa, Cornelius Sekeleni, is onder diegene wat daarvan beskuldig word dat hulle Bester gehelp het om op 2 Mei 2022 uit die Mangaung-maksimumtronk in Bloemfontein te ontsnap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×