Die onderwysvakbond, Naptosa, het kommer uitgespreek oor die gehalte van onderrig, terwyl oorvol klaskamers by skole landwyd ‘n probleem bly. Miljoene leerders het Woensdag teruggekeer skool toe vir die nuwe akademiese jaar. Naptosa sê oorvol klaskamers het ‘n reuse impak op die gesondheid van onderwysers en die kwaliteit van onderrig. Die vakbond sê wanneer daar 50 of 60 kinders in ‘n klas is, doen onderwysers bloot skarebeheer, en kan hulle nie op onderrig fokus nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×