Nasa sê die ruimtevaarders wat op die Internasionale Ruimtestasie vasgekeer is, sal nog langer moet wag om by die huis te kom.

Butch Wilmore en Suni Williams sou ná net ‘n week terug wees toe hulle in Junie vertrek het. Hul verblyf is egter weens tegniese probleme met die eksperimentele ruimtetuig, Starliner, verleng tot Februarie volgende jaar. BBC berig die twee sal nou eers einde Maart terug wees, of moontlik eers April.

Nasa sê dié vertraging hou geen risiko vir die ruimtevaarders in nie, en dat die ruimtestasie onlangs twee hervoorraadvlugte ontvang het. Die stasie is dus goed toegerus met alles wat die bemanning nodig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×