Die Nasionale Raad van Dierebeskermigsverenigings (NDBV) het ‘n groot slag geslaan in sy stryd teen die onwettige en wrede aanhouding en teling van leeus toe ‘n leeuteler van Petrus Steyn skuldig bevind is aan verwaarlosing en nalatig versorging van leeus. Dit is die eerste sege in ‘n hofsaak vir die NDBV teen leeutelers en ‘n oorwinning teen die wrede en nalatige aanhouding van leeus in klein kampe op teelplase. Netwerk 24 berig Gert Claasen van die plaas Steilfontein is onlangs skuldig bevind en ‘n boete van R4000 of 12 maande tronkstraf opgelê. Die klagte spruit voort uit inspekteurs van die DBV in Bloemfontein wat sy plaas besoek het en op leeus afgekom wat verwaarloos en sonder drinkwater is, nie skuiling het nie en die hokke waarin hulle aangehou word onhigienies en die skoongemaak word nie. Die diere moes in hul eie ontlasting leef. Claasen het te veel leeus in een hok aangehou en ‘n wyfieleeu was in haar onderlyf verlam en vol sere. Die stryd gaan voort teen leeutelers, een hofsaak op ‘n slag, het die NDBV gesê.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×