Nasionale departemente het sedert 2005 meer as 18-komma-vyf-miljard rand aan ongemagtigde besteding aangeteken. Dit is volgens die Nasionale Tesourie-verslae wat vandag aan die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge voorgelê is. Die tesourie het die ongemagtigde besteding by 13 verskillende staatsdepartemente en -entiteite oor die jare uiteengesit. Die Departement van Vervoer is uitgelig as een van die grootste oortreders nadat dit tussen 2013 en 2016 met een-komma-drie-vier-miljard rand oorbestee het. Die tesourie sê begrotingsbesnoeiings of klagte teen die Nasionale Inkomstefonds sal verseker dat die fondse verhaal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×