Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, of Sanral, gaan Vrystaatse nasionale paaie ten bedrae van R8-miljard herstel.

Netwerk24 berig Dumi Nkabinde, Sanral se streekbestuurder vir die Vrystaat en KwaZulu-Natal, het gister ’n voorlegging hieroor in Bloemfontein gedoen.

Nkabinde het gesê daar is ’n sterk moontlikheid dat nog strategiese paaie, soos die R74, R26 en R34, ook van die premierskantoor na Sanral oorgeskuif gaan word.

Die N5, waaraan Sanral reeds werk, verbind die N1 by Winburg met die N3 by Harrismith, via Senekal, Paul Roux en Bethlehem.

Die Vrystaat se slaggat-besaaide paaie is reeds jare lank die oorsaak van ‘n reuse aantal botsings en padsterftes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×