Nasionale Polisiedag word op 27 Januarie gevier om mans en vroue in blou uniforms, wat in die uitvoering van hul pligte oorlede is, te vereer en hulde aan hulle te bring.

Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sal volgende week die Nasionale Polisiedag-herdenking in Kings Park Atletiekstadion, in KwaZulu-Natal, lei.

‘n Polisiewoordvoerder, generaal-majoor Nonkululeko Phokane, sê die polisiedepartement sal ook ‘n gholfdaggeleentheid aanbied om fondse in te samel vir kinders van lede wat aan diens of tydens die uitvoering van amptelike pligte oorlede is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×