Die hoof van nasionale rampbestuur, Elias Sithole, sê spanne is regoor die land op hoë gereedheid om die uiterste weerstoestande te hanteer.

Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Weerdienste ’n waarskuwing van ligte sneeuval oor die hoogliggende gebiede van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal uitgereik het.  Die sneeuval saam met die koue weerstoestande sal na verwagting tot Dinsdag voortduur.

Donderstorms, swaar reën en skadelike winde, wat tot ontwrigtings kan lei, is ook voorspel.

Sithole het aan Newzroom Afrika gesê burgers moet versigtig wees en op hoogte van weerberigte bly.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×