Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het ‘n nasionale ramptoestand in Suid-Afrika verklaar ná strawwe weerstoestande. Dit volg op die eskalasie van die provinsiale en plaaslike ramptoestande wat vroeër vandeesmaand in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Oos-Kaap afgekondig is.
Die departement het die kennisgewing vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer. Die hoof van die Nasionale Rampbestuursentrum, Bongani Sithole, sê die erge weer het ontwrigtende reën, vloede, sterk winde en sneeuval in Mei en Junie tot gevolg gehad, wat aansienlike skade aangerig het.