Nasionale ramptoestand wat weens die coronaviruspandemie ingestel is, weer verleng

Die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma het die nasionale ramptoestand wat weens die coronaviruspandemie ingestel is, weer verleng tot die 15de Mei.

Dit is reeds in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens ‘n verklaring is die besluit geneem ná raadpleging en deur die Kabinet goedgekeur is.

In die afgelope 24-uur is 1 599 nuwe Covid-19 gevalle bevestig, asook 75 sterftes.

Die totale dodetal het tot 53 498 gestyg.

Huidiglik is daar 21 188 aktiewe gevalle van die virus, waarvan die meeste in KwaZulu-Natal is.

Die herstelkoers is steeds op 95%.

Luister na potgooie hieronder