Die direksie van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, verwelkom sy voorsitter, Ernest Khosa, se besluit om verlof te neem.

Khosa het gister laat weet hy neem 30 dae verlof.

Dít sodat die direksie bewerings van korrupsie, waarby Khosa glo betrek word, kan ondersoek.

Volgens die skema is Khosa ook bekommerd oor doodsdreigemente wat skynbaar teen hom en sy gesin gemaak is.

Skema-woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê die voorsitter se verlof-besluit moenie as erkenning van skuld gesien word nie.

‘n Onafhanklike ergsfirma sal aangestel word om die aantygings teen Khosa te ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×