Terwyl Suid-Afrikaners die September toerisme-maand vier, begin die jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek, ook Maandag.

Gedurende hierdie week, tot en met 15 September, word gratis toegang, aan 19 van die nasionale parke, onderandere die Golden Gate Hoogland Nasionale Park by Clarens in die Vrystaat, verleen.

Parkeweek bied Suid-Afrikaners nie net die geleentheid om Suid-Afrika se ryk natuurlike en kulturele erfenis te ervaar nie, die aandag word ook op die volhoubare ontwikkelingspraktyke wat moontlik gemaak word deur vennootskappe met sleutelrolspelers soos gemeenskappe wat langs nasionale parke woon, besighede, wetenskaplikes en toeriste, gevestig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×