Dit is vandag die begin van die sewende administrasie en die nuwe regering van nasionale eenheid wanneer die Nasionale Vergadering vir die eerste keer sal sit ná die algemene verkiesing in Mei.

Die hoofregter, Raymond Zondo, sal die sitting lei wat in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum plaasvind, intussen sê die Nasionale Gesamentlike Operasionele Intelligensiestruktuur (NatJoints), wetstoepassingsagentskappe sal vandag tydens die opening van die parlement, op hoë gereedheid wees.

Natjoints het gister, voor vandag se geleentheid, ‘n media-inligtingsessie gehou. Die struktuur het gewaarsku dat geen ontwrigting vandag in die parlement sal plaasvind nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×