Naval Hill se ikoniese ou reus, Bulperd, is dood.
Andri Grobbelaar, die voorsitter van Vriende van Franklin, het aan Bloemnuus gesê dat die kameelperd al ‘n rukkie lank kondisie verloor het. Toe sy Sondag by die toneel opdaag het was lede van die DBV en die department van kleinsakeontwikkel, toerisme en omgewings sake reeds daar.
Die 17-jarige Bulperd is op Naval Hill gebore. Volgens Grobbelaar is almal baie hartseer en sy voeg by dat hulle groot drome gehad het dat die kameelperd sou help om die kameelperdgetalle op Naval Hill te vermeerder. Bulperd se ma is in 2022 oorlede, toe sy in ‘n erosiesloot op Naval Hill geval het en nie weer kon uikom nie.