Toenemende ongemak heers oor Navo-lidlande se reaksie, op die meer as twee jaar oue oorlog tussen Rusland en Oekraïne.
Verskeie Navo-lidlande – insluitend die VSA, Duitsland en Brittanje – het nou die moontlike ontplooiing van voetsoldate in Oekraïne uitgeskakel. Russiese woordvoerder, Dimitri Peskof, waarsku teen wydverspreide, direkte konflik, indien enige troepe van Navo-geallieerdes in Oekraïne ontplooi sou word.
Ons verskuif die fokus na konflik in die Midde-Ooste, waar samesprekings onverpoosd voortduur, om vrede in die beleërde Gasastrook te bewerkstellig. Onderhandelaars bepleit reeds maande lank ‘n wapenstilstandsooreenkoms tussen Israel en die Palestynse militantegroep, Hamas. Die hoop is om ‘n suksesvolle skietstilstand tussen die partye te voltrek, voordat die Moslem-heilige maand van Ramadan, oor twee weke begin.
Die vrylating van alle gyselaars wat geneem is, sedert Hamas se onverwagse 7 Oktober-inval van Israel, is ook bo-aan die verdesamesprekings-agenda.