Navo sê sy gewapende magte maak gereed om lidlande van sy oostelike flank by te staan.

Dít indien Rusland sekere lande, wat bondgenote van Oekraïne is, sou binneval. Pole, wat ‘n grenslyn van meer as 500 kilometer met Oekraïne deel, is Navo se eerste prioriteit.

Pole is sedert die begin van die bykans 2-jaar-oue oorlog, een van sy beleërde buurland se getrouste bondgenote. Meer as 18 miljoen mense het reeds vanuit Oekraïne na Pole gevlug.

Hoewel daar geen tydvak is nie, berig talle internasionale nuusagentskappe dat Russiese aanvalle dalk binnekort hier te wagte kan wees.

Die voorsitter van Navo se militêre komitee, admiraal Ron Bauer, het die moontlikheid van konflik met Rusland, by ‘n inligtingsessie in Brussel bespreek.

Hoewel Navo nie uit eie beweging tot die oorlog sal toetree nie, sê hy dat die geallieerde magte beslis oorloggereed moet wees:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×