Navo het tydens ‘n vergadering dit duidelik gemaak dat hulle sal voortgaan om die Oekraine van groot militêre, ekonomiese en humanitêre hulp te voorsien. Navo het volgens Netwerk 24 in ‘n verklaring gesê dat lidlande planne uiteengesit het om vanjaar miljarde euro’s se verdere vemoëns aan dié land te verskaf. Jens Stoltenberg, sekretaris-generaal van Navo het gesê hulle veroordeel die Russiese missiel-en hommeltuigaanvalle op Oekraïense burgerlikes ten sterkste, insluitend met wapens van Noord-Korea en Iran. Hy het gesê terwyl Moskou sy aanvalle op Oekraïense stede en burgerlikes verskerp, versterk Navo-bondgenote Oekraine se lugverdediging.