Navorsers aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein se bevindinge is gepubliseer as deel van ‘n internasionale navorsingstuk oor SARS-Co V-2, die virus wat Covid-19 veroorsaak, se evolusie in Afrika.

Die navorsing is verlede maand aanlyn in die Science-joernaal gepubliseer.

Die UV sê luidens ‘n verklaring meer as 300 wetenskaplikes en openbare gesondheidswerkers in Afrika en elders, wat navorsing oor die virus se evolusie gedoen het, het aan die omvangryke publikasie meegedoen.

Dit was die eerste medewerkende navorsing oor die pandemie.

Die medewerking het plaasgevind onder die leiding van twee Suid-Afrikaanse laboratoriums.

Die twee laboratoriums het luidens ‘n verklaring gesê dit was die grootste konsortium van Afrika-wetenskaplikes en openbare gesondheidsinstellings wat saamgewerk het om data-gedrewe reaksie op Covid-19 op die vasteland moontlik te maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×