Nuwe navorsing toon die grond sak weg onder miljoene mense se voete in China se grootste stede as gevolg van menslike bedrywighede. CNN berig byna die helfte van China se stedelik gebiede sink vinniger as 3mm per jaar, volgens navorsing wat in die Science joernaal gepubliseer is.
Dit raak 270 miljoen mense wat 29% van die land se bevolking is. Hiervan woon 67 miljoen mense op grond wat jaarliks met meer as 10mm sink. Navorsers sê die grootste rede is dat stede vinniger uit ondergrondse waterdraers pomp as wat aangevul kan word. Die situasie word ook vererger deur droogte wat deur klimaatsverandering meegebring word.