Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê herstelwerk aan Eenheid 4 by sy Medupi-kragstasie verloop vlot.

Reuseskade is die kragopwekker aangerig, weens ‘n ontploffing by Medupi in 2021.

Ramokgopa gee sy versekering dat die eenheid in Augustus weer by die land se kragnetwerk ingeskakel sal word.

Hy sê Nederland het Eskom glo van ‘n kragopwekker voorsien. Ramokgopa sê die tweedehandse kragopwekker sal na verwagting teen die einde van volgende maand in die land aankom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×