President Cyril Ramaphosa het gesê Nederland het ‘n belangrike rol gespeel in Suid-Afrika se stryd teen apartheid. Ramaphosa en koning Willem-Alexander het gister die media toegespreek tydens die koning se besoek aan Suid-Afrika. Die koning se verskoning vroeër vanjaar vir sy land se aandeel in slawerny, is volgens pres Ramaphosa ‘n verdere belangrike stap vir versoening en die heling van ou wonde. Dit is koning Willem-Alexander se eerste staatsbesoek aan Suid-Afrika. Pres Ramaphosa het gesê Nederland is ‘n gewaardeerde vennoot vir Suid-Afrika. Die koning sal vandag ‘n besoek bring aan die Iziko-slawelosie in Kaapstad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×