Die Nederlandse polisie het ‘n gewapende man in hegtenis geneem wat minstens drie mense in twee afsonderlike skietvoorvalle in die stad Rotterdam vermoor het.
Luidens berigte het ʼn 32-jarige man eers in ‘n huis op mense begin skiet, voordat hy dit aan die brand gesteek het.
Hierna is hy na die Erasmus Mediese Sentrum in die stad.
‘n Vrou en haar 14-jarige dogter is in die eerste skietery dood en ’n manlike dosent is by die hospitaal doodgeskiet.
Die motief vir die aanval is onbekend.