Twee neefs is ‘n totaal van 37-jaar tronkstraf opgelê in die Bethulie streekshof vir die diefstal van Centlec-koper.

Woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, kaptein Loraine Earle, het gesê die 29-jarige Martin Louw is tot 22-jaar gevonnis en die 31-jarige Zane Louw tot 15.

Die twee mans is die week in die besit van koperkabels vasgetrek.

Centlec het die kabels geïdentifiseer as gesteelde kabels van straatligte.

Die koperkabels is sowat 23 meter lank en weeg 1,32 kilogram.

Die verdagtes is so swaar gestraf omdat dit diefstal van noodsaaklike infrastruktuur is, het Earle gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×