Die nege vermeende misdadigers wat in ‘n skietgeveg met die polisie doodgeskiet is, het luidens die polisie die gemeenskap van Mariannhill in Durban geterroriseer.
IOL berig die verdagtes was onder ‘n groep van 11 mense wat op die polisie se radar was vir ernstige en gewelddadige misdade. Die verdagtes – wat gesoek is vir verskeie voorvalle van geweldsmisdaad – onder meer die bendeverkragting van ‘n jong meisie tydens ‘n huisrooftog – is in die vroeë oggendure doodgeskiet.
Luidens die polisie het die oor-en-weer skieterty gebeur na intelligensie ontvang is dat die groep ‘n huurmoord beplan. Die polisie in KwaZulu-Natal sê nog twee verdagtes is op vrye voet.