Nege mense het gisteraand hul lewens in ‘n busongeluk op die Van Rhyn’s-pas in die Wes-Kaap verloor. Dit nadat die bestuurder glo beheer oor die bus verloor het.
Daar word vermoed dat die bus 42 plaaswerkers van die Noord-Kaap na Ceres in die Wes-Kaap vervoer het. Nog sestien beseerdes is tans in die hospitaal.
Die Uitvoerende Direkteur van die Landelike- en Plaaswerkers-ontwikkelingsorganisasie, Billy Claasen, het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie video’s en foto’s van die ongeluk op sosiale media te deel nie.