Nege verdagtes in ‘n ontvoeringsgeval in die Vrystaat se saak is tot Maandag, 3 Februarie 2025 vir borgtogaansoek uitgestel.

Volgens ’n polisieverklaring het die nege verdagtes die week in die hof verskyn vir vermeende ontvoering. ’n Gesin van Qwaqwa is glo op 23 Januarie ontvoer.

Misdaadintelligensie en die Phuthaditjhaba-polisie het vier verdagtes en die gesin in ’n huis in Phuthaditjhaba gevind, en vyf ander is in Sharpeville in Gauteng in hegtenis geneem.

’n Losprys word as motief vermoed. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×