Die Demokratiese Alliansie (DA) roep die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, op om dringend die Parlement in te lig oor die krisis in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

Luidens ’n DA-mediaverklaring is nege Suid-Afrikaanse soldate oor die afgelope paar dae noodlottig gewond in aksie, met talle gewondes wat sonder lughulp van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) agter gelaat is.

Intussen het Motshekga en haar generaals die DRK-stad Goma in ‘n luukse BBP-vliegtuig verlaat.

DA woordvoerder, Chris Hatting, sê Parlement moet help bepaal hoe om die soldate veilig terug te trek en saam met internasionale vennote na oplossings te soek. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×