Nege werknemers van Eskom gisteraand aangehou

Nege werknemers van Eskom is ongedeerd nadat lede van die Mabopane-gemeenskap, noord van Pretoria, hulle gisteraand aangehou het.

Luidens berigte is hulle aangehou omdat die inwoners eis dat ‘n beskadigde mini-substasie vervang word.

Die polisie se hulp is ingeroep om die situasie te ontlont.

Volgens Eskom kom kragonderbrekings dikwels voor weens die oorlading van die kragnetwerk, onwettige verbindings asook die vandalisering van die netwerk.

‘n Eskom woordvoerder sê daar is ‘n tekort aan mini-substasies wat dit moeilik maak om substasies te vervang wat onklaar geraak het.

Luister na potgooie hieronder