‘n Negejarige meisie is dood in ‘n fratsongeluk nadat die skroef van ‘n boot tydens ‘n botsing deur die voertuig se voorruit gebars het waarin sy en haar ma gery het. Netwerk 24 berig die skroef het haar teen die kop getref en sy het later in die hospitaal op Worcester aan haar beserings beswyk. Die ongeluk het op die N1-hoofweg buite Touwsrivier plaasgevind toe die vrou en haar dogtertjie van agter teen die voertuig gebots het wat haar man bestuur is. Die pa het glo voor gery met ‘n boot op ‘n sleepwa. Die gesin was van Pretoria oppad na Kaapstad. ‘n Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, het gesê die ongeluk het plaasgevind by ‘n stop en ry weens padwerke. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×