Negentien mense is in hegtenis geneem tydens ’n operasie teen onwettige mynbou in die Vrystaat.

Volgens ’n polisieverklaring is van hulle op heterdaad betrap by myne in die Welkom-distrik.

Die polisie het bykans 350 kilogram goudhoudende materiaal en verskeie toerusting vir goudverwerking gekonfiskeer.

In Kopanang is twee verdagtes aangekeer met ’n selfgemaakte sementbom en smokkelkos ter waarde van R47 500.

Drie ander is by verskillende myne betrap, en een van hulle was in besit van MIV-medikasie en kontant.

Die polisie sê die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte wat wissel van onwettige mynbou tot oortreding van die Immigrasiewet.

error: Inhoud is beskerm !!