Neil Pieter van Zyl bly in aanhouding totdat sy borgtogaansoek volgende week aangehoor word

Neil Pieter van Zyl, die man wat na bewering meer as ’n halwe ton kokaïen in ’n skiboot versteek en vervoer het, bly in aanhouding totdat sy borgtogaansoek volgende week aangehoor word.

Netwerk24 berig hy het Vrydag in die landdroshof in Pretoria verskyn op aanklagte van die besit van en handel in dwelms nadat hy vroeër die week deur die Valke vasgetrek is.

Volgens Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, het Van Zyl van Kaapstad gekom, maar dit is onduidelik wat sy bestemming sou wees. Die saak is tot 11 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Luister na potgooie hieronder