Die ontslape oudpresident Nelson Mandela, sou waarskynlik nie kon glo dat daar soveel treë agteruit gegee is, sedert Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing nie.

Aldus doktor Makaziwe Mandela, wyle Madiba se dogter, sit die land nou met leiers, wat vergeet het waarom hulle aan bewind is. Makaziwe het gister, met die bekendstelling van haar boek, Mandela: In Honor of an Extraordinary Life, gesê talle leiers gee ook nie om vir hulle mede landgenote nie.

Volgens haar sou haar pa die eerste een wees wat sou erken die ANC was nie destyds ‘n perfekte entiteit nie. Sy reken die grootste fout wat Tata en sy kollegas gemaak het, was om nie ‘n effektiewe opleidingsprogram vir die inkomende leierskap daar te stel nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×