Nersa se moontlike aanvaarding van Eskom se versoek van ’n 32% in die verhoging van elektrisiteit se prys, is een verhoging te ver vir landbou in Suid-Afrika.  TLU SA glo dat dié verhoging vir verskeie boere in die land, die doodskoot sal wees.    Mnr Henry Geldenhuys se hulle  besef die dringendheid van die situasie en om die rede gaan TLU SA  ’n skrywe aan die minister van energiesake en die tesourier rig. Dit kan nie net aanvaar en laat gaan word nie.    Mnr. Geldenhuys se die belangrikheid van voedselsekuriteit kan en mag nie deur die regering onderskat word nie. Boere móét in produksie gehou word. Die regering sal manier moet vind om die landbousektor te help om die situasie te oorbrug deur subsidies of spesiale tariewe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×