Verbruikers wat oortollige elektrisiteit in die netwerk terugvoer kan vir hul bydraes betaal word.
Hierdie stap sal, volgens Primedia, na verwagting meer huishoudings en besighede aanmoedig om na hernubare krag oor te skakel om sodoende hul elektrisiteitskoste te verlaag en om op hul beleggings terug te verdien.
Suid-Afrika se energiereguleerder, NERSA, het ‘n netto-faktureringreëls goedgekeur, wat die vergoeding vir gebruikers wat krag aan die netwerk voer sal verander.
Energiekenner by IMPOWER, Matthew Cruz, sê dit is ‘n positiewe stap aangesien dit inkomste vir Eskom sal verhoog, en is ‘n meer geformaliseerde struktuur as wat voorheen in plek was.
Voor die netto-faktureringreëls het baie min munisipaliteite die nettometingsproses toegepas wat verbruikers toegelaat het om hul krag aan die netwerk terug te verkoop.