Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het sy besluit om ‘n nuwe elektrisiteitsprysmetodologie goed te keur, teruggetrek. Die reguleerder het die afgelope week gesê dit het sy goedkeuring van die nuwe metodologie-reëls teruggetrek.

Nersa sê die reëls was nie prakties implementeerbaar nie, aangesien lisensiehouers nog nie gereed is daarvoor nie. Die reguleerder moet ook die reëls met die Elektrisiteitsreguleringswet en die Elektrisiteitsprysbeleid belyn. Hierdie reëls was veronderstel om vanaf 2025/26 in werking te tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×