Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sê hy wil die elektrisiteitsverspreidingslisensies van munisipaliteite wat versuim om Eskom te betaal, terugtrek.

Daar word verwag dat Suid-Afrikaners volgende jaar nog ‘n 35% elektrisiteitstariefverhoging in die gesig staar.

Munisipaliteite skuld die elektrisiteitsprodusent R78-miljard.

Nersa sê die stygende koste van elektrisiteit en die versuim van munisipaliteite om Eskom te betaal, bly ’n probleem.

Opposisiepartye het intussen teenkanting uitgespreek teen die beplande styging in elektrisiteitspryse.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×