Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gister nuwe samesprekings oor ‘n wapenstilstand in Gaza goedgekeur. Dit is ‘n dag nadat die wêreld se hoogste hof Israel beveel het om te verseker dat dringende humanitêre hulp mense in die Palestynse gebied bereik.
Ten spyte van ‘n bindende resolusie van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad waarin ‘n onmiddellike wapenstilstand geëis word, het gevegte gister voortgeduur, insluitend rondom hospitale.