Die premier van Israel, Benjamin Netanyahu, het gister in ‘n videoboodskap gesê magte van die land is besig om operasies in Gaza te verskerp en sal voortgaan om te veg totdat Hamas verslaan is. CNN berig Netanyahu het aan die burgers van Israel gesê die oorlog in die Gazastrook word verskerp en die land sal voortgaan totdat ‘n absolute oorwinning oor Hamas bereik is. Hy het gesê dit is die enigste manier om die gyselaars terug te bring, Hamas te elimineer en om te verseker dat Gaza nie meer ‘n bedreiging vir Israel is nie. Netanyahu het gesê dit sal tyd neem maar die soldate, die mense en die regering is verenig om tot die einde te baklei.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×