Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu het sy skerpste verwerping tot nog toe oor die totstandkoming van ‘n Palestynse staat uitgespreek. Netanyahu sê Israel moet ná die oorlog met Hamas beëindig is, veiligheidsbeheer kan uitoefen oor die hele gebied wes van die Jordaanrivier. Netanyahu se verklaring het groot kritiek van Amerika ontlok wat druk uitoefen vir ‘n twee-staat-oplossing met ‘n onafhanklike Palestynse staat aan die Wesoewer, oos-Jerusalem en Gaza. Netanyahu het Donderdag op ‘n nuuskonferensie dit duidelik aan Washington gestel dat hy gekant is teen enige Palestynse staat wat nie Israel se veiligheid waarborg nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×