Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het weereens daarop aangedring dat Israeliese magte nié die Philadelphi-korridor sal verlaat nie.
Dit is ’n strategies belangrike grondgebied in die suide van Gasa, wat aan grens met Egipte lê.
Netanyahu het aan buitelandse media in Jerusalem gesê hy is oop om alternatiewe vir die teenwoordigheid van Israeliese troepe langs die Gaza-Egipte-grens te oorweeg, sou dit deel wees van enige toekomstige permanente skietstilstand-ooreenkoms. Hy sê egter hy kan nie voorsien dat dit gaan realiseer nie.
Hy sê dat Israeliese troepe in hierdie buffersone moet bly om te verhoed dat wapens, en moontlik ook Israeliese gyselaars, oor die grens gesmokkel word.