NETBAL – Die 2022 Nasionale Netbal Kampioenskap het ook gister in Potchefstroom afgeskop waar verskeie spanne om diè Senior titel gaan meeding.

Die Kaapse Wynlande wat die huidige kampioen is gaan hul staal teen onderskeidelik Nelson Mandelabaai , Johannesburg , Dr. Kenneth Kaunda moet toon terwyl Mangaung en Tshwane ook weer terug in aksie is nadat diè 2 spanne verlede jaar afwesig was.

Die toernooi wat by die Fanie du Toit-sportterrein plaasvind is weer in die jaarlikse tydgleuf van Augustus en sal ook die laaste Suid-Afrikaanse kampioenskappe wees voor die Wêreldbeker-toernooi volgende jaar in Kaapstad begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×