NETBAL – Australië het hul netbaljaar op nog ’n hoogtepunt afgesluit toe hulle Suid-Afrika met 77 – 50 afgeransel het in die 3de toets in Hobart , Tasmanië.
Die Diamonds het die Proteas ook hulle grootste pakslae tot dusver gegee met ’n doelverskil van 27 waar die Suid-Afrikaners nou na die tekenbord sal moet terugkeer aangesien ’n reeks teen Engeland op hulle wag in Desember.
Die Aussies se vreugdevure sal egter nog steeds hoog bly brand aangesien hulle die Wêreld-kampioene is en boonop die Vierhoekige- , Constellation- en ’n toetsreeks in 1 jaar kon wen.