NETBAL – Dag 7 van die Nasionale Netbal Liga was besigheid soos gewoonlik vir die Vrystaat Crinums en die Jaguars van Noord-Gauteng waar albei tans op 9 ligapunte is met net ’n doelgemiddelde wat hul tans skei.

Die Crinums wat sonder hul kaptein Karla Pretorius speel het die Southern Stings in ’n taai wedstryd met 44 – 37 uitgestof waar die rotsvaste verdediging tussen diè 2 spanne uitgestaan het. Die Jaguars was ook net te goed vir die Flames van Noord-Wes en het met 60 – 40 gewen.

In Afdeling B was die uitslae Donderdag as volg:

  • Tornados 60 , Kingdom Queens 45
  • Sonoblomo 59 , Lillies 42
  • Sunbirds 45 , Tshukudu 44

*Diè Krag Week 1 in die Nasionale Netbal Liga duur tot Sondag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×